Hierdie tyd van die jaar voel ons almal die koue aan ons lyf, tensy ons in die Noordelike Halfrond woon. Dis wanneer ons soek na warm, wollerige klere, komberse en moontlik 'n heerlike kaggelvuur. Ons bak lekker warm in die son en hoop vir wolkelose dae.

Netso raak dit koud en vaal in ons harte wanneer verlies ons lewens binnekom. Dan voel dit vir ons asof die son vir altyd agter die wolke gaan wegkruip en kom ons agter dat 'n vriend/vriendin wat empatie met ons het, amper soos 'n wolkombersie is wat om ons toevou.

Dit voel vir ons of winter vir altyd in ons hart ingetrek het. Afgesien dat alles binne ons koud en dood voel, gaan die lewe om ons aan en ons wonder of ons ooit weer deel van die lewe sal voel.

"Dit is dan ook geen wonder dat daar gedurende die Victoriaanse tydperke verwys is na 'n "gebreekte hart" wanneer iemand die verlies van dood ervaar het. " Ek is seker jy kan so identifiseer met hierdie sienswyse wanneer die dood jou geliefde kom wegruk het of jy jou geliefde verloor het deur 'n egskeiding.

Wat ons wel weet is dat Winter 'n nodige tydperk is wanneer ons na die beginsel van seisoene kyk. In hierdie tydperk is daar baie verandering in die natuur en selfs wat ons nie eers met die blote oog kan sien nie. Wanneer ons na 'n boom kyk wat se takke so kaal is, lyk dit so onnatuurlik en asof die boom dood is. Intussen is daar soveel groei wat onder die grond in die wortelstelsel plaasvind en 'n voorbereiding vir die lente wat gaan kom.

Dit is waar jy ook kan moed skep en weet dat daar groei binne in jou plaasvind, al voel alles dood en sonder lewe.

"Daar is 'n saadjie van oorlewing in elkeen van ons en die "wil" om weer beter te voel. Al die emosies wat jou so oorspoel, verdrink amper hierdie ou teer saadjie. Tog is dit daar en begin baie stadig ontkiem in jou binneste. Dit is die begin van "heelword" - daardie klein vlammetjie in jou binneste."

Soos jy al moontlik agter gekom het, dis 'n pad wat jy gaan stap - 'n proses om deur te werk. Daar is baie wat op hierdie pad ervaar gaan word; daar is slaggate- daar is pyn- daar is teleurstellings- daar is eensaamheid- daar is magteloosheid- daar is baie trane. Boonop is dit nodig om te waak oor jou denke, want dit beinvloed jou emosies en jou gedrag.

"In aansluiting hierby is dit ook van uiterste belang dat jy sal besef dat jou denkprosesse 'n geweldige rol vervul na die pad van genesing. Tesame met denkprosesse is dit ook goed as jy bewus is van jou self-talk."

Waak dus oor jou gedagtes - ons is so geneig om onsself af te breek en fout te soek. Ons glo eerder die leuen as die waarheid.

"Wat uiters belangrik is en waarna jy gerus kan oplet, is die negatiewe gedagtes en leuens wat ook in jou kop ronddwaal. Dit is so nodig om vas te hou aan die waarheid en jou gedagtes te vul met die waarheid. Wees verseker dat jy baie broos is in hierdie routydperk en maklik oor die Here, jouself en ander kan begin twyfel".

Ek leer jou in my boek "want my Maker is my man'n maklike metode om te waak oor jou gedagtes en gee jou 'n sleutelwoord.

"Word daarvan bewus dat jou gedagtes jou emosies en gedrag gaan beinvloed en dat negatiewe gedagtes nie werklik is waarmee die Here jou wil seën en genees nie. Sommige persone mag ingetrek word deur hierdie manier van negatief dink en doen en dit selfs beskou as straf of hul lot. Vir so 'n persoon is dit moeiliker om te sien dat hulle gedagtes oor die gebeure 'n baie groot rol vervul na uiteindelike genesing."

"Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe ."(Spreuke 4:23)

So liewe vriendin, onthou vandag dat die Winter ook verbygaan. Die seisoen van koud, vaal en grou, hou nie vir altyd aan nie. As jy jouself nou midde-in 'n Wintertyd bevind, dink daaraan dis die seisoen waarin nuwe groei ontstaan. Onthou dit wanneer jy na'n blaarlose boom kyk op 'n koue, sonlose dag. Mag jy troos en hoop daarin vind, al voel dit of jy nooit weer in die son sal kan dans nie.

Ons gesels op 'n volgende keer en dan glo ek dat daar al 'n skrefie sonlig in jou hart deurbreek.

Seën vir jou  - Joa.

 

Alle aangehaalde gedeeltes is uit my boeke geneem.

Indien jy voel of jou "vlerke" afgeruk is en jy jouself binne 'n Wintertyd bevind, oorweeg gerus om my boeke aan te skaf:

...want jou Maker is jou man 

en

Kreatiewe Tegnieke vir die Hantering van Verlies (2)

Die boeke word verkoop as 'n stel van 3 en beloop R200 plus posgeld.

Bestellings kan geplaas word by: joawasserman@gmail.com

Die muur om jou gaan nie help nie

By Joa Wasserman | Sep 3, 2020 | Comments Off on Die muur om jou gaan nie help nie

As ek so terug dink aan die tye toe ons in Suid-Afrika kon leef sonder heinings of mure om ons wonings, kan ek amper nie glo daar was so ‘n tyd nie. Vandag as jy deur enige woongebied ry, is dit net heinings en mure en is die kanse maar baie min om nog ‘n…

Read More

Introspeksie

By Joa Wasserman | Jul 14, 2020 | Comments Off on Introspeksie

Elkeen van ons weet baie goed wat van ander mense maak ons ongelukkig, kwaad, opgewonde of enige ander emosie. Julle weet wat ek bedoel as ek van so iets praat en ons vrouens is gewoonlik heel sensitief hiervoor. Dis ook baie maklik om in jou hart te voel iemand anders het hierdie emosie by jou…

Read More

DIE SOMER LYK SO VER

By Joa Wasserman | Oct 31, 2018 | Comments Off on DIE SOMER LYK SO VER

En so het ons al aan die einde van Oktober gekom! Ek is seker dit voel vir jou ook of hierdie jaar te vinnig sy einde nader! So baie dinge om te doen en so min tyd om by alles uit te kom. Dit was ook nie ‘n maklike winterseisoen nie, en ek wonder hoe…

Read More

Winter in my Hart

By Joa Wasserman | Jun 22, 2018 | Comments Off on Winter in my Hart

Hierdie tyd van die jaar voel ons almal die koue aan ons lyf, tensy ons in die Noordelike Halfrond woon. Dis wanneer ons soek na warm, wollerige klere, komberse en moontlik ‘n heerlike kaggelvuur. Ons bak lekker warm in die son en hoop vir wolkelose dae. Netso raak dit koud en vaal in ons harte…

Read More

Wat maak ek met al hierdie emosies?

By Joa Wasserman | Apr 24, 2018 | Comments Off on Wat maak ek met al hierdie emosies?

  Lees in my boeke hoe belangrike rol speel die erkenning van emosies na ‘n traumatiese gebeurtenis. BOEKE wat kan help met jou reis deur pyn, verdwaaldheid en oorweldigende emosies:   Baie sterkte in jou verwerking van trauma en mag jy die proses gebruik om te groei as mens. Volgende keer gesels onder verder oor…

Read More

Kleure en emosies

By Joa Wasserman | Mar 28, 2018 | Comments Off on Kleure en emosies

Ek wil graag vir jou ‘n aanduiding gee om verskillende kleure aan verskillende emosies te verbind.  Dit is slegs ‘n riglyn en dit kan gebeur dat ‘n kleur vir jou ‘n spesifieke betekenis het. Gebruik dit soos jy verkies. ROOI – intense emosie: kan woede, seer of opwinding uitbeeld. Kan ook ‘n kleur wees wat…

Read More

Hoe gaan dit met jou hart vandag?

By Joa Wasserman | Mar 28, 2018 | Comments Off on Hoe gaan dit met jou hart vandag?

Soms wens jy daar is net iemand wat verstaan – iemand wat jou hart kan sien! Dit is werklik net die Here wat die mens se diepste wese ken. Hy sien wat ons nog nie eers kan voel in ons wese nie. Die seer van herinneringe is nie vir Hom onbekend nie. Jou hele lewe…

Read More

Ek voel nie myself nie

By Joa Wasserman | Mar 13, 2018 | Comments Off on Ek voel nie myself nie

Hoe dikwels het jy die afgelope tyd al hierdie woorde gesê: “Ek voel nie myself nie!” Ons as vrou ervaar emosies veel dieper as mans. Ons kom dadelik agter as ons emosies versteur is. Die trauma wat met jou gebeur het, dwing jou eintlik om tot stilstand te kom. Die hartseer en realiteit van die…

Read More

Waar begin ek na die skokfase?

By Joa Wasserman | Mar 6, 2018 | Comments Off on Waar begin ek na die skokfase?

Soos ek alreeds genoem het, volg daar fases na die trauma van verlies. Gedurende hierdie fases word baie emosies  ervaar – baie intens! Afgesien van al die normale verantwoordelikhede van elke dag, het daar so baie nuwe eise bygekom. Jy bevind jou nou in ‘n proses wat onbekend is en wat baie veranderinge gaan meebring.…

Read More

Ontkennings Fase

By Krokodil | Feb 24, 2018 | Comments Off on Ontkennings Fase

  Die eerste fase na die trauma van verlies jou kom beroof het van so baie, staan bekend as die skok-/ontkenningsfase. “Dit is wanneer jy totaal verlore en oorweldig voel, asook gevoelloos met tye. Dit is skok wat hierdie en die daaropvolgende interne fisiologiese reaksie veroorsaak en niks maak sin nie, veral nie die lewe…

Read More