Die Boeke

Joa Wasserman Boek

Die boek: “want jou Maker is jou man” is ‘n handleiding gerig op die weduwee (die geskeide vrou kan ook baat vind). Die boek spreek baie vrae aan en bevat ook baie praktiese raad. Jy leer om jou emosies beter te verstaan en ook die verskillende fases van die rouproses wat die gevolg is van verlies.

Twee addisionele werkboeke word ook ingesluit. “Kreatiewe Tegnieke vir die hantering van Verlies” help jou om die fases van die rouproses op ‘n kreatiewe manier deur te werk. Dit bevat praktiese kreatiewe opdragte asook inkleurprente wat jou bewus maak van onderliggende emosies en jou help met die uitdruk en hantering van hierdie emosies.

Die boeke word as ‘n stel van 3 boeke beskikbaar gestel en die keuse om die handleiding en werkboeke gelyktydig of apart deur te werk, is die leser s’n. Elke verlies en rouproses is uniek.

Die prys per stel (3 boeke) beloop R200 plus posgeld.
Die boeke kan direk per e-pos bestel word by: joawasserman@gmail.com

Hierdie boeke is ook verkrygbaar in Pretoria by:

  • PNA (Sinoville)
  • Graffiti Boekwinkel (Montana)
skoenlapper