En so het ons al aan die einde van Oktober gekom! Ek is seker dit voel vir jou ook of hierdie jaar te vinnig sy einde nader! So baie dinge om te doen en so min tyd om by alles uit te kom.

Dit was ook nie 'n maklike winterseisoen nie, en ek wonder hoe het julle dit beleef? Ek was lanklaas so siek van griep en sommer ook boonop "pink eyes" gehad. Dit was 'n baie koue winter hier in Pretoria en vir die eerste keer in 7 jaar was dit vir my nodig om 'n dik baadjie te dra.

So het die winter gekom en gegaan en het die lente en somer aangebreek.

Maar kom ons praat oor die hart! Ek is seker daar is baie van julle wat ervaar dat die winter nog steeds vertoef - daar diep in jou hart. Jy voel dalk al die somer aan jou lyf maar jou hart is koud van al die seer wat daar vassit. Jy verlang dalk om net weer jou plekkie in die son te vind en te voel jy is deel van die lewe. Maar die somer lyk tog nog so ver!

Liewe mens, ek weet jy wonder of daar ooit vir jou innerlike genesing sal kom. Die seer van verlies het so baie van jou lewe kom steel. Jy voel beroof van 'n verlede saam met jou geliefde maar ook van 'n toekoms. Al julle drome het soos stof in die wind opgestyg en lê nou in plekke wat onmoontlik is om weer op te tel. Jy het jouself al moontlik so baie keer probeer "regruk", maar val net keer op keer terug in seer, moedeloosheid, wanhoop en smart. Dit voel baie keer of jy in sirkels beweeg en net as jy dink daar is 'n effe lentebriesie wat in jou lewe begin waai, tref die seer en stilte jou weer.

Soos ek al menige kere genoem het, om verlies te verwerk is 'n proses. Vicki Harrison praat van die rouproses as: "Grief is like the ocean; it comes in waves, ebbing and flowing. Sometimes the water is calm, and sometimes it is overwhelming. All we can do is learn to swim."

Dit is so waar - dis onbekend en onvoorspelbaar. Die enigste manier is om dit te hanteer en nie te probeer om dit te ontsnap nie. Ons almal sal eerder dit wil doen - enige iets net om die pyn, verlange, eensaamheid en smart vry te spring. Maar dan sal daar nooit genesing kom nie, dit sal dalk minder seer word soos die tyd verbygaan. Maar jy as mens sal nie innerlike vrede en groei kan ervaar nie en moontlik 'n doellose en betekenislose lewe leef.

Daarom liewe metgesel, kan ek net weer beklemtoon om te luister na jou binneste. Hanteer elke emosie soos jy dit in jou hart voel opkom, skryf daaroor en bring dit na die groot Geneesheer, die Here Jesus. Word rustig in Hom.

Ek gee graag weer vir jou 'n paar kreatiewe tegnieke om aan te pak. Onthou om gedurig te skryf oor jou emosies. Jy kan vir jou geliefde 'n brief skryf oor hoe jy voel. Dalk voel jy om eerder ook 'n gebed te skryf as wat jy praat.

As jy nog steeds baie worstel met vrae in jou gemoed en voel of jy enige iets sal opoffer net om beter te voel, bevind jy jou in die onderhandelingsfase. Ek gee 'n paar kreatiewe oefeninge om dit te erken en te hanteer.

  • Teken 'n groot hart op  'n A4 of A3 papier. Teken enige vorms daarbinne - soos vierkante, driehoeke, sirkels, ens. - net soveel soos jy wil. Jy kan ook trane teken, of dit wat jy wil aandui wat in jou hart aangaan. Skryf nou in elke spasie wat jy geteken het wat jou hart vertel. Dink veral wat kan jy doen om die seer minder te maak en skryf dit agterop.

 

  • Koop by 'n kunswinkel 'n klein houtkassie en verf en versier dit baie mooi. Skryf notatjies vir jou geliefde, ook vir die Here oor al die vrae in jou gemoed. Plaas dit daarbinne en sit by 'n spesiale plekkie neer waar jy moontlik 'n foto van jou geliefde het.

 

  • Skeur prente en woorde uit 'n tydskrif wat verskeie aspekte van jou lewe weerspieël vanaf jou kinderdae. Plak dit op 'n groot A2 vel papier soos wat jy verkies. Skryf hoe die Here jou versorg het van kleins af tot nou, op die agterkant. Konsentreer ook op moeilike tye wat jy in jou lewe deurgemaak het.

 

  • Neem 'n A2 papier en vou in twee dele. Op die linkerkant teken jy 'n wintertoneel en op die regterkant teken jy 'n somertoneel. Skryf by die wintertoneel watter gevoelens laat jou hart soos winter voel. Skryf by die somertoneel watter gevoelens sal jy graag weer in jou hart wil ervaar.

 

  • Lees in Psalms in die Bybel van die worstelinge wat Dawid gehad het en hoe die Here weer vir hom vrede in sy gemoed gebring het.

Mag jy ervaar hoe die Here jou help om stukkie vir stukkie hierdie seer in jou hart te hanteer. Gee vir Hom elke stukkie want Hy is besig om 'n nuwe identiteit binne-in jou bymekaar te sit. Dit lyk miskien vir jou onmoontlik en jy sien net die skerwe raak, maar die Here sien die voltooide nuwe JY.

Ek groet jou tot volgende keer en my hart weet ook dat daar heelword in jou hart sal kom.

Baie seën en genesing vir jou.

Joa

 

ONTHOU GERUS DAT MY BOEKE:

"...want jou Maker is jou man" en

"Kreatiewe Tegnieke vir die Hantering van Verlies" by my bestel kan word.

My e-posadres: joawasserman@gmail.com.

Jy is ook welkom om net 'n geselsbrief ook te e-pos.

 

Die muur om jou gaan nie help nie

By Joa Wasserman | Sep 3, 2020 | Comments Off on Die muur om jou gaan nie help nie

As ek so terug dink aan die tye toe ons in Suid-Afrika kon leef sonder heinings of mure om ons wonings, kan ek amper nie glo daar was so ‘n tyd nie. Vandag as jy deur enige woongebied ry, is dit net heinings en mure en is die kanse maar baie min om nog ‘n…

Read More

Introspeksie

By Joa Wasserman | Jul 14, 2020 | Comments Off on Introspeksie

Elkeen van ons weet baie goed wat van ander mense maak ons ongelukkig, kwaad, opgewonde of enige ander emosie. Julle weet wat ek bedoel as ek van so iets praat en ons vrouens is gewoonlik heel sensitief hiervoor. Dis ook baie maklik om in jou hart te voel iemand anders het hierdie emosie by jou…

Read More

DIE SOMER LYK SO VER

By Joa Wasserman | Oct 31, 2018 | Comments Off on DIE SOMER LYK SO VER

En so het ons al aan die einde van Oktober gekom! Ek is seker dit voel vir jou ook of hierdie jaar te vinnig sy einde nader! So baie dinge om te doen en so min tyd om by alles uit te kom. Dit was ook nie ‘n maklike winterseisoen nie, en ek wonder hoe…

Read More

Winter in my Hart

By Joa Wasserman | Jun 22, 2018 | Comments Off on Winter in my Hart

Hierdie tyd van die jaar voel ons almal die koue aan ons lyf, tensy ons in die Noordelike Halfrond woon. Dis wanneer ons soek na warm, wollerige klere, komberse en moontlik ‘n heerlike kaggelvuur. Ons bak lekker warm in die son en hoop vir wolkelose dae. Netso raak dit koud en vaal in ons harte…

Read More

Wat maak ek met al hierdie emosies?

By Joa Wasserman | Apr 24, 2018 | Comments Off on Wat maak ek met al hierdie emosies?

  Lees in my boeke hoe belangrike rol speel die erkenning van emosies na ‘n traumatiese gebeurtenis. BOEKE wat kan help met jou reis deur pyn, verdwaaldheid en oorweldigende emosies:   Baie sterkte in jou verwerking van trauma en mag jy die proses gebruik om te groei as mens. Volgende keer gesels onder verder oor…

Read More

Kleure en emosies

By Joa Wasserman | Mar 28, 2018 | Comments Off on Kleure en emosies

Ek wil graag vir jou ‘n aanduiding gee om verskillende kleure aan verskillende emosies te verbind.  Dit is slegs ‘n riglyn en dit kan gebeur dat ‘n kleur vir jou ‘n spesifieke betekenis het. Gebruik dit soos jy verkies. ROOI – intense emosie: kan woede, seer of opwinding uitbeeld. Kan ook ‘n kleur wees wat…

Read More

Hoe gaan dit met jou hart vandag?

By Joa Wasserman | Mar 28, 2018 | Comments Off on Hoe gaan dit met jou hart vandag?

Soms wens jy daar is net iemand wat verstaan – iemand wat jou hart kan sien! Dit is werklik net die Here wat die mens se diepste wese ken. Hy sien wat ons nog nie eers kan voel in ons wese nie. Die seer van herinneringe is nie vir Hom onbekend nie. Jou hele lewe…

Read More

Ek voel nie myself nie

By Joa Wasserman | Mar 13, 2018 | Comments Off on Ek voel nie myself nie

Hoe dikwels het jy die afgelope tyd al hierdie woorde gesê: “Ek voel nie myself nie!” Ons as vrou ervaar emosies veel dieper as mans. Ons kom dadelik agter as ons emosies versteur is. Die trauma wat met jou gebeur het, dwing jou eintlik om tot stilstand te kom. Die hartseer en realiteit van die…

Read More

Waar begin ek na die skokfase?

By Joa Wasserman | Mar 6, 2018 | Comments Off on Waar begin ek na die skokfase?

Soos ek alreeds genoem het, volg daar fases na die trauma van verlies. Gedurende hierdie fases word baie emosies  ervaar – baie intens! Afgesien van al die normale verantwoordelikhede van elke dag, het daar so baie nuwe eise bygekom. Jy bevind jou nou in ‘n proses wat onbekend is en wat baie veranderinge gaan meebring.…

Read More

Ontkennings Fase

By Krokodil | Feb 24, 2018 | Comments Off on Ontkennings Fase

  Die eerste fase na die trauma van verlies jou kom beroof het van so baie, staan bekend as die skok-/ontkenningsfase. “Dit is wanneer jy totaal verlore en oorweldig voel, asook gevoelloos met tye. Dit is skok wat hierdie en die daaropvolgende interne fisiologiese reaksie veroorsaak en niks maak sin nie, veral nie die lewe…

Read More