“Grief is not a disorder, a disease or a sign of weakness. It is an emotional, physical and spiritual necessity, the price you pay for love. The only cure for grief is to grieve.”

- Earl Grollman

Die mens wil verlies en trauma ten alle koste vermy.

Dit word as “negatief” beskou en die algemene beskouiing is dat dit net met ander gebeur. Dit is die rede hoekom ons dit nie baie in gesprekke sal hoor nie. Die mens versamel glad nie kennis oor die onderwerp nie en is dus totaal onvoorbereid oor die impak van verlies. Daar is altyd ‘n rouproses na verlies en niemand weet wat om te verwag nie.

 

Om die reis effens te vergemaklik word jy bekendgestel aan leesstof wat jou begelei deur die proses, asook kreatiewe maniere om jou emosies in die gesig te staar en te verwerk. Jy word geleer om jou geloof en vertroue weer te herwin en om jou nuwe identiteit te ontdek. Jy is nie alleen in hierdie erge tyd van jou lewe nie, al voel jy so verlate en alleen – jou Maker is aan jou sy. Daar is niks fout met jou as jy tans geestelik “dood” voel nie. Om God in hierdie trauma te vertrou, is baie moeilik en om vrede te maak dat Hy dit toegelaat het, nog moeiliker.

Spesiaal vir die “afvlerk” -vrou

Kommentare van lesers

 “Ek wens eintlik so dat vroue hierdie boek kan lees voordat hulle mans tot sterwe kom. Enige persoon kan eintlik die boek lees – al is dit net om 'n ander persoon wat verlies ervaar, beter te hanteer en te verstaan”.

– Rentia Mynhardt

 “Die boek is baie besonders. Hoewel dit baie op die weduwee gerig is, is dit so waardevol vir enige persoon met 'n verwarde gemoed. Die stap-vir-stap toepassing vir die verskillende fases van droefheid (rou) is uitsonderlik. Almal met wie ek hierdie handleiding en werkboeke gedeel het, is dit eens dat dit 'n moet op elke boekrak behoort te wees”.

– Llona Cronje

 “Absoluut 'n MOET vir elke afvlerk vrou. Dankie Joa vir 'n fantastiese boek. Jy lag, jy huil, jy soek God se teenwoordigheid, alles raak stil, op die einde kan jy terug kyk en sien hoe het jy gevorder. Een uur op 'n slag, een dag op 'n slag, so vorder jy. Jou hart sal altyd net aan een man behoort, maar jy kan opstaan en aangaan met die genade van Jesus.”

- Elize Wassermann

 “Ek het hierdie boek uit blote nuuskierigheid aangeskaf, alhoewel ek nie in die kriteria van weduwee val nie. Ek het nog die voorreg om my man aan my sy te hê en kan ons nog die lewenspad saamstap. Die boek het my egter weer bewus gemaak van wat 'n mens maar so elke dag aanvaar. Ek het weer besef die lewe kan so gou verkeerd tot stilstand kom. Ek persoonlik dink dis 'n handboek vir die lewe van elke vrou kan en moet lees.”

- Tokkie Coetzee

skoenlapper Klein