Werkswinkels

“Verlies sny in die diepste wese van die mens in. Dit is een van die moeilikste verwoordbare tye in die lewe. Jy as vrou word heeltemal oorweldig en voel asof jou lewe uitmekaar geval het”

Ek nooi jou uit na: Kreatiewe werkswinkels  vir die hantering van verlies. Dit word twee keer per jaar aangebied – in Junie en Oktober. Jy word op ‘n kreatiewe manier geleer om jou pyn te hanteer en te verwerk. Hierdie werkwinkels strek oor twee dae wat bestaan uit 5 ure sessies met ’n kort breuk tussenin vir verversings.

Hier word jy geleer om:

  • Jou emosies te identifiseer en hanteer
  • Gebruik te maak van ‘n ondersteuningstelsel
  • Goed te wees vir jouself
  • Nuwe omstandighede sonder jou geliefde te hanteer
  • Mooi herinneringe van jou geliefde te koester
  • Kreatiwiteit en skryf te gebruik om jou deur die verlies te neem
  • Die realiteit van jou verlies te aanvaar
  • Jou denke aan te pas
  • Jou nuwe identiteit te ontwikkel

“Grief is like a long valley, a winding valley where any bend may reveal a totally new landscape” – C.S. Lewis

Datums:

22 & 23 Junie 2018
19 & 20 Oktober 2018

Plek:

Pretoria (met bespreking word adres volledig voorsien)

Tye:

9H30 tot 15H00

Koste:

R800 per persoon per werkswinkel

 

Alle benodigdhede word voorsien. Maksimum van 8 persone per werkwinkel.

Besprekings kan per e-pos gedoen word.

E-pos: joawasserman@gmail.com

skoenlapper